
Radio H2A Almal Mag Lekker Kry
“Daarsy…”
Christo is ‘n omroeper by Radio H2A asook die tegniese persoon wat alles beheer vanaf “Gertjie,” Radio H2A se webwerf, alle grafiese ontwerp tot by die maak van jingles, aankondigings en advertensies.
Oorspronklik van die Richtersveld in die Noord-Kaap, Christo werk tans in Stratford, Texas. Hy was ‘n DJ by verskeie dans klubs in Worcester en Robertson voor Amerika op sy pad gekom het. Hy bring sy liefde vir verskeie musiek en musiek-kennis na Radio H2A.
Jy sal hom kry waar hy Afrikaans, EDM en selfs ook oldies (onthou Springbok Radio?) musiek speel op Radio H2A.
Radio H2A is ‘n eerste in die VSA. Die eerste en enigste Afrikaanse aanlyn radio stasie wat regstreeks uitsaai vanuit verskeie state in Amerika. Ons luisterbasis strek oor Kanada, VSA, Panama asook Suid-Amerika met ‘n luisterbasis ook in Suid-Afrika en selfs ook Australië en Nieu-Seeland.
© Copyright Radio H2A