Omroeper & Tegnies

Christo Gaybba

Background

Afrikaans

Radio H2A Top 20

Ons weeklikse Top 20 gunstelinge

Radio H2A se weeklikse "Top Twintig" program is 'n populêre program. Tydens die program speel ons die week se Top 20 treffers op Radio H2A. Luisteraars kan ook deel word van Radio H2A se Top 20 program deur vir hulle gunsteling liedjie te stem. Om te stem besoek ons TOP 30 bladsy en "upvote" of "downvote" liedjies deur die op of af pyltjies te kliek/tap. Die liedjie met die meeste "upvotes" is […]



Gunsteling Gesegde

“Daarsy…”

 

Christo is ‘n omroeper by Radio H2A asook die tegniese persoon wat alles beheer vanaf “Gertjie,” Radio H2A se webwerf, alle grafiese ontwerp tot by die maak van jingles, aankondigings en advertensies.

Oorspronklik van die Richtersveld in die Noord-Kaap, Christo werk tans in Stratford, Texas. Hy was ‘n DJ by verskeie dans klubs in Worcester en Robertson voor Amerika op sy pad gekom het. Hy bring sy liefde vir verskeie musiek en musiek-kennis na Radio H2A.

Jy sal hom kry waar hy Afrikaans, EDM en selfs ook oldies (onthou Springbok Radio?) musiek speel op Radio H2A.

Rate it

DJ

Radio H2A is ‘n eerste in die VSA. Die eerste en enigste Afrikaanse aanlyn radio stasie wat regstreeks uitsaai vanuit verskeie state in Amerika. Ons luisterbasis strek oor Kanada, VSA, Panama asook Suid-Amerika met ‘n luisterbasis ook in Suid-Afrika en selfs ook Australië en Nieu-Seeland.

Ons program

Kliek op die skakel vir ons volle programskedule:

Luister Na Ons Op Jou FOon