
Gertjie “Auto Pilot”
Gertjie is Radio H2A se "auto pilot" DJ. Hy is mal oor Afrikaanse musiek en jy sal hom kry waar hy Radio H2A luisteraars sal "entertain" meestal met Afrikaanse musiek.
Radio H2A Almal Mag Lekker Kry
Gertjie is Radio H2A se "auto pilot" DJ. Hy is mal oor Afrikaanse musiek en jy sal hom kry waar hy Radio H2A luisteraars sal "entertain" meestal met Afrikaanse musiek.
Christo, is 'n omroeper by Radio H2A asook die tegniese persoon wat alles beheer vanaf Radio H2A se webwerf, alle grafiese ontwerp tot by die maak van jingles, aankondigings en advertensies, ens.
Die stigter van Radio H2A, Benji is ook 'n omroeper en bied die "Klok Uit" program elke weeksaand.
Het jy ‘n liefde om mense te vermaak met musiek of lekker geselsprogram?
Indien jy ‘n omroeper, DJ of selfs ‘n program aanbieder op Radio H2A wil word, wil ons graag van jou hoor. Die stasie is altyd besig om uit te brei en ons verwelkom aansoeke vir omroepers en program aanbieders.
Jy kan in Suid-Afrika of selfs in die VSA/Kanada wees.
Ons verstaan daar is ‘n paar vrae rondom die aansoek om ‘n omroeper of program aanbieder te word.
Hierdie gedeelte vra die algemeenste vrae wat jou sal help om ‘n besluit te om ons te kontak.
Hierdie is gewoonlik die heel eerste vraag wat ons kry van kandidate.
Die kort antwoord is, nee – nie nou al nie!
Radio H2A se onstaan is te danke aan persone wat ‘n liefde het vir radio, vermaak en musiek, om Suid-Afrika nader na Suid-Afrikaners in Amerika te bring. Ons doen dit vir die liefde van die saak.
LET WEL:
Jy is welkom om vir jouself en jou program ‘n “borg” te kry. Sodoende kan ons by Radio H2A jou help om ‘n tipe van inkomste te genereer.
Radio H2A is ‘n baie “laid-back” radio stasie, maar ons visie is om Radio H2A dié Afrikaanse radio stasie in die Amerikas te maak.
Dus sal ons poog om uit te brei, te groei en sodoende ‘n volwaardige semi-professionele radio stasie te word.
Deur middel van advertensies poog ons om op die ou einde voltydse omroepers aan te stel wat ‘n voltydse werk uit Radio H2A kan maak.
Ons sal jou help met die opstel en die opleiding van die uitsaai program wat ons gebruik om lewendige programme aan te bied.
Jy het die volgende nodig:
‘n Program aanbieder doen nie noodwendig “live shows” nie, maar bied programme aan wat “pre-recorded” is.
So ‘n persoon sal ‘n program vooraf opneem en dan die program vir ons aanstuur waar ons tegniese span dit sal oplaai en skeduleer vir die spesifieke tydgleuf.
Ons wil ook graag van jou hoor indien jy net ‘n vooraf opgeneemde program wil speel op Radio H2A.
Kontak ons gerus en vertel ons meer van die program wat jy wil aanbied asook die skedule/tydgleuf wat jy graag jou program wil laat uitsaai.
Radio H2A is ‘n eerste in die VSA. Die eerste en enigste Afrikaanse aanlyn radio stasie wat regstreeks uitsaai vanuit verskeie state in Amerika. Ons luisterbasis strek oor Kanada, VSA, Panama asook Suid-Amerika met ‘n luisterbasis ook in Suid-Afrika en selfs ook Australië en Nieu-Seeland.
© Copyright Radio H2A