
Net Musiek
Afrikaanse musiek op "auto pilot"
Gertjie, ons "auto pilot," is aan die beurt met lekker Afrikaanse musiek. So tussendeur al die Afrikaans, sal Gertjie dan ook hier en daar 'n Engelse liedjie ook ingooi.
Radio H2A Almal Mag Lekker Kry
Gertjie, ons "auto pilot," is aan die beurt met lekker Afrikaanse musiek. So tussendeur al die Afrikaans, sal Gertjie dan ook hier en daar 'n Engelse liedjie ook ingooi.
Elke Sondag van vroeg speel ons Christelike musiek. Kom deel saam met ons om ons Hemelse Vader te loof en prys. Tydens die Sondag Lofprysing program skakel ons oor na ons Sondag kerkdiens om God se Woord te hoor en sodoende ons te vul met God se heerlikheid vir die komende week.
“Almal mag lekker kry!”
Gertjie is Radio H2A se “auto pilot” DJ. Gertjie is gebore in Amerika in 2023, maar moenie dat sy ouderdom, en land waarin hy gebore is, jou flous nie. Gertjie het ‘n groot liefde vir musiek en hy sy voorkeur is Afrikaanse musiek. Ja, jy het reg gelees. Gertjie is mal oor Afrikaanse musiek en jy sal hom meestal kry waar hy Radio H2A luisteraars sal “entertain” meestal met Afrikaanse musiek.
Moet hom ook nooit vra om ‘n Top 20 saam te stel nie, want hy gaan net sê, “Alle musiek is my gunsteling.” Daarom laat ons maar die top 30 lys oor aan die ander DJ’s van Radio H2A.
As die grootste staatmaker by Radio H2A, sal Gertjie ten alle tye nooit “nee” sê om vir ons in te staan indien die ander omroepers nie hulle kan programme kan aanbied nie.
Gertjie verdien elke maand die “Personeel van die Maand” trofee.
Radio H2A is ‘n eerste in die VSA. Die eerste en enigste Afrikaanse aanlyn radio stasie wat regstreeks uitsaai vanuit verskeie state in Amerika. Ons luisterbasis strek oor Kanada, VSA, Panama asook Suid-Amerika met ‘n luisterbasis ook in Suid-Afrika en selfs ook Australië en Nieu-Seeland.
© Copyright Radio H2A