Afrikaans

Klein Saterdag

Vat 'n breek en kom kuier saam!

Background
share close
Woensdag 20:00 22:00
Donderdag 12:00 14:00

Die Klein Saterdag program is ‘n middel-in-week program om die voete te laat jeuk en net ‘n bietjie ‘n breek te vat van die harde week wat jy tot dusver beleef het.

Gooi vir jou ietsie om die keel nat te hou, skop die skoene uit en sit agteroor terwyl jy saam ons kuier en die aand geniet. Ons moet weer energie en lus opbou om die week deur te sien tot die einde toe.

Heruitsending die volgende dag om 12:00 (Chicago) & 19:00 (Suid-Afrika).


Klein Saterdag crew


DJ

Christo Gaybba

Christo, is 'n omroeper by Radio H2A asook die tegniese persoon wat alles beheer vanaf Radio H2A se webwerf, alle grafiese ontwerp tot by die maak van jingles, aankondigings en advertensies, ens.




Rate it

Radio H2A is ‘n eerste in die VSA. Die eerste en enigste Afrikaanse aanlyn radio stasie wat regstreeks uitsaai vanuit verskeie state in Amerika. Ons luisterbasis strek oor Kanada, VSA, Panama asook Suid-Amerika met ‘n luisterbasis ook in Suid-Afrika en selfs ook Australië en Nieu-Seeland.

Ons program

Kliek op die skakel vir ons volle programskedule:

Luister Na Ons Op Jou FOon